Albertus&Rolandi | Wedding ~ De Oudekraal

Toe ek so paar maande terug na die venue gaan kyk het net buite Caledon (De Oudekraal)…was die Canola velde goud geel – die mooiste mooi landskappe van geel blommetjies waar jy kyk. Ek het dadelik daardie aand gaan Google tot presies wanneer dit gaan geel wees, want dit moet net hou tot die 29ste September! Maar dit het nie sooo belowend gelyk nie. Ekt maar ‘n paar keer vir Liewe Jesus gevra dat hy dit asb. net nie alles sal wegvat voor die troue nie.

Op die dag van die troue, toe ek Caledon toe ry…het my moed sommer in my skoene gesak… al die Canola’s was omtrent weg. Maar toe ek by De Oudekraal inry – waar mens so omring is deur koppies…staan die Canola’s nog hoog. Net WOW! En ekt dadelik geweet Liewe Jesus het my gebedjie verhoor! DANKIE DANKIE!

Albertus en Rolandi, julle is mense, mense. Omgee, liefde, geluk en vrede is rondom julle. Ek voel bevoorreg om deel te kon wees van julle sprokiesverhaal. Ek wens julle net voorspoed en geluk toe. My hart sing saam met julle twee.

Waar: De Oudekraal | Caledon

Hare & Grimering: Peach Cronje Make-Up Artistry

DJ: The Professors

Blomme: Pinch of Flowers

Rok: Smoorverlief Bridal

Skoene: Forever New

Koek: The Mixing Bowl Cake Company

Dominee: Dion Goldie

Fotografie & Album Ontwerp: www.stephaniephotography.co.za