Watkins Twins | Newborn Shoot

Die outjies is net TE mooi vir woorde…Christian en Daniel is verseker Marius en Keziah se ‘pride en joy’.

Enige baba is regtigwaar ‘n wonderwerk en ons kan net weereens dankie sê vir ons Vader vir die tweeling. Christian was gebore met al sy ingewande aan die bo-kant van sy lyfie, onontwikkelde long en sy hartjie aan die regterkant. Wonderlike dokters by Panorama Medi Clinic het sy lewe gered en hy is vandag ‘n gelukkige babatjie.

Christian het so ‘n rustigheid oor hom en Daniel is die ‘rowwe Jack’. Hulle is altwee so kosbaar en baie baie ‘cute’.