Sias & Jackie | Vredenheim

Op hierdie windstil lente oggend het Sias en Jackie ‘n belofte voor God gemaak, met ‘n intieme troue saam naaste vriende en familie. Toe ek hulle ontmoet het net voor die troue, het Jackie se sprankelende persoonlikheid en Sias se rustigheid dadelik in my hart gekruip en jy wil sommer dadelik die 2 besonderse mense jou beste vriende maak.

Jackie se 2 kinders is ongelooflike oulike kinders…wat ‘n fantastiese mamma is sy nie!

As iemand al ooit gewonder het of mens daardie spesiale persoon kan ontmoet op ‘n ‘dating site’, is hierdie definief ‘n sukses storie – en hoe het Jackie se beste vriendin dit beskryf….“love at first type”.

Die liefde blom behoorlik tussen die tweetjies….julle is pragtige mense!