Johan & Chrizette | Blue Bay Lodge Wedding

Johan & Chrizette is albei van die mooie Hoedspruit en toe ek hulle vra hoekom hulle in die Kaap wou trou was hulle antwoord “Die Kaap het ons gekies!”

Al die pad Weskus toe die oggend van hulle troue het dit gereen, maar behalwe vir ‘n bietjie Weskus wind was die weer andersins perfek!

Johan het sy beeldskone bruid verras met ‘n wit perd wat haar na die intieme seremonie geneem het.