Jean & Cecilie | L’Avenir (Kleine Marie) Wedding

Reën, reën en nog reën het geval op Jean en Cecilie se troudag! Ander bruide sou gehuil het oor al die foto geleenthede wat verby is, maar Cecilie se trane was vir haar ma. Terwyl die reën geval het, het Cecilie net gesê: “kan jy hoor, dis my ma, sy’s hier”!

Cecilie se ma is ‘n paar jaar terug oorlede, en dis die 1 persoon wat enige bruid die graagste by haar troue wil hê, en sy WAS teenwoordig!

Die liedjie wat ons afrikaners so goed ken, “Skipskop”, was die liedjie wat Cecilie gekies het om die seremonie binne te stap, ‘n gunsteling van haar ma – dis baie spesiaal.

Deur al die trane was dit ‘n baie lekker troue en ek wens julle twee net geluk en liefde toe vir die toekoms.

Julle weet natuurlik die fotograwe het ook lekker troue gehou as ons eers 02:00am daar weg is!